Centurion van die Jaar 2014 aangewys
Die Centurion Sakekamer het tydens hul maandelikse netwerkfunksie op 13 Februarie 2015, DA Raadslid Ina Strijdom as die Centurion van die Jaar 2014 aangewys.
Ina Strijdom is as Raadslid die spreekbuis vir die City of Tshwane Elektriese Departement en poog sy altyd om sover moontlik en vining probleme op hierdie gebied in die area uit te sorteer.
Uit die aard van haar werk is sy ook nou betrokke by die gemeenskap in haar wyk en staan sy hulle ook by in kritieke situasies.
Ina vergesel ook gereeld die SA Polisiediens, plaaslike Gemeenskaps Polisieringsforum en sekuriteitsmaatskappye op patrollie werk om kabeldiefstalle en dwelmgevalle te ondersoek.
Sy maak ook van sosiale media gebruik om die publiek op hoogte van enige kragonderbrekings te hou en het sy ‘n spesiale Facebook-bladsy vir hierdie doel daargestel.
Sy word algemeen as die bedrywigste raadslid beskou wat werklik ‘n verskil in die lewens van die publiek maak.
Leave your response!