Home » Schools

Twee sussies blink uit in perdry

15 October 2013 No Comment

Twee sussies van Centurion, Melissa en Angelique Petrick het onlangs uitstekend in perdrykompetisies gevaar.
Melissa Petrick, Gr 5 leerling van die Laerskool Swartkop, het aan die Champion Stables se Perdry kompetisie deelgeneem en het twee derde plekke en ‘n vierde plek met haar ponie Cornerstone se “Chocolate Brownie” behaal.
Sy het ook aan die Gymkhana deelgeneem en ‘n eerste plek vir Bending, eerste plek vir Barrels en ‘n derde plek vir die Flags verwerf.
Melissa is as die Reserwe Kampioen vir die Gymkhana (Children Riders) aangewys.
Angelique Petrick, Gr 8 leerling aan Hoërskool Centurion het met haar perd “Photo Shoot” deelgeneem en ‘n twee derde plekke en ‘n vierde plek behaal.
Angelique het ook aan die Gymkana deelgeneem en verwerf sy ‘n tweede plek vir Bending, ‘n tweede plek vir Barrels en ‘n derde plek vir die Flags.
Sy het ook die Show Jumping klasse gedoen en ry ‘n skoon rondte in die 30cm klas, behaal eerste plek in die 50cm klas, vyfde plek in die 60cm klas en ‘n tweede plek in die 70cm klas. Angelique is aangewys as die Junior Reserwe Kampioen vir al die Springklasse en haar span het ‘n algehele derde plek vir die hele kompetisie verower.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.