Knuppeldik oorhandig donasies aan SAPD Welsynsfondse
14 October 2013
No Comment
Die Knuppeldik Trust het duer die jare meer as R2m van winste uit die verkope van die Knuppeldik Kookboek aan die SA Polisiediens se fondse vir die gebruik van noodleniging oorhandig.
Op 14 September 2013 het die Knuppeldik Trust weer donasies ten bedrae van R290 000 aan die SAPD se drie fondse naamlik Gestremdesorg, Weduwee- en Wese en Bejaardesorgfonds oorhandig.
Die Engelse en Afrikaanse weergawes van die Knuppeldik Kookboek is ook by Centurion Raad vir Bejaardes, Centurion beskikbaar en is uitstekend vir kersgeskenke. Vir meer inligting kontak die Raad by telefoonnommer 012 664 5754.
Leave your response!