Home » Community

Centurion Senior Burger van die Jaar 2013

12 July 2013 No Comment

Justine Rabie is wel bekend in Centurion.
Nie net vanweë haar aktiewe lewenstyl nie, maar ook op grond van haar positiewe lewensfilosofie wat sê: “Moet nooit jou hande terughou teenoor diegene wat swaar kry nie en help sover as wat jy kan!”
Met hierdie filosofie het Justine baie mense gehelp en opgehef.
Jusitne, haar eggenoot Charl en kollega Anita Maartens is vir meer as tien jaar by die Centurion Raad vir Bejaardes betrokke en is die waarde van hulle bydraes onberekenbaar.
Onlangs het Justine haar gewig by die HIV/Vigsprojek in Olienvenhoutbosch ingegooi.
Met haar 70ste verjaarsdag het sy haar familie en vriende versoek om eerder ‘n bydrae tot noodverligting as vir ‘n geskenk vir haar te maak. Die bydraes hieruit was ongelooflik.
Jusitine is ‘n waardige persoon om die trofee vir 2013 se Senior Burger van die Jaar te verower.
Sy is ook die eerste persoon wie se naam op die nuwe wisseltrofee vir die Centurion se Senior Burger van die Jaar sal verskyn.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.