Home » Community

Die “Orde van den Prince” praat oor Afrikaans

9 May 2011 No Comment

Die “Orde van den Prince” is ‘n Vlaams-Nederlandse Kultuurvereniging en bevorder goeie verhoudinge en noue samewerking tussen Vlaams-, Nederlands- en Afrikaanssprekendes in Suid-Afrika.
Benewens Afdelings in Vlaandere, Nederland, en tewens dwarsoor die wêreld, bestaan daar In Suid-Afrika twee Afdelings nl. in Pretoria en Kaapstad.
Die “Orde van den Prince Pretoria” is die aktiefste en het by hul afgelope ledebyeenkoms oor die Afrikaanse taal gepraat.
Mnr. Sakkie Kotze, voorsitter van ATKV Centurion en ATKV Direksielid, en sy vrou Beatrice is as gaste na die Afdeling se spoggeleentheid genooi.
Prof. Kas Landman, voorsitter van Die “Orde van den Prince Pretoria”, het oor die stand van Afrikaans gepraat en onder andere daarop gewys dat hedendaagse Afrikaans en hedendaagse Nederlands as sustertale histories oorgelewer is en dieselfde “moeder” het.
Die oudste opgetekende sinnetjie van Afrikaans en Nederlands kom van die Wes-Vlaamse krabbel uit die 12e eeu: “hebban olla vogala nestas hagunan hinase hicanda thu” (“het alle voëls neste begin behalwe ek en jy”)

Op die foto vlnr. is prof. Kas Landman, mnr. Johan Maricou (Belgiese Ambassadeur in Suid-Afrika en voorheen voorsitter van die Afdeling in London) en Sakkie Kotze (voorsitter ATKV Centurion en nie-uitvoerende direkteur van die ATKV)

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.