Home » Community

Die Erfenisstigting se bewaring van konsentrasiekampe

9 May 2011 No Comment

Die Erfenisstigting bied op 20 en 21 Oktober 2011 ‘n konferensie en bewaringswerkswinkel by Fort Schanskop op die Voortrekkermonument Erfenisterrein aan oor die rol van plaaslike gemeenskappe in die bewaring van die land se konsentrasiekampe.

Hierdie konferensie is ‘n opvolg van die Konsentrasiekampkonferensie wat in September 2010 deur die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke in Bloemfontein aangebied is.

Hierdie simposium beloof om praktykgerigte inligting te verskaf en deelnemers gaan noodsaaklike leiding m.b.t. die bewaring van strukture soos grafstene en begraafplase ontvang.

Die Erfenisstigting het begin 2011 ‘n memorandum van ooreenkoms met die SA Erfenishulpbronne-agentskap ondeteken.

In terme daarvan neem die Erfenisstigting die verantwoordelik vir die herstel en onderhoud van alle ABO-konsentrasiekampkerkhowe, burgergrafte, krygsgevangenebegraafplase in die buiteland en ooreengekome slagvelde by SAEHA oor, onderworpe aan die beskikbaarstelling van geld daarvoor deur die Staat.

Op 21 Oktober 2011 vind ’n uitstappie na Pretoria se Ou Begraafplaas en Heldeakker plaas, waartydens konferensiegangers op praktiese wyse oor bewaring voorgelig sal word.

Verteenwoordigers van Erfenisbewaringsinstansies, Historici, Kultuurhistorici, Museumkundiges en ander belanghebbendes word uitgenooi om aanbiedings te doen.

Sprekers sal vir hulle eie reis- en verblyfkoste aanspreeklik wees. Voorstelle vir lesings (maksimum 200 woorde) en ’n kort CV kan voor 15 Julie 2011 aan Estelle Pretorius (navorsing@voortrekkermon.org.za) gestuur word.

Vir navrae kontak Estelle Pretorius of Leonie Marais-Botes 012 3266770.

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.