Home » Community, Fokus on Hennopspark

Bronberrick vleismark vir gehalte diens en produkte

6 March 2011 No Comment

Na 18 jaar in die vleisbedryf skryf die eienaars, Johan en Nelia Lombard (voorheen van Hartbeespoort) hul sukses die afgelope twee jaar in Bronberrick aan die onuitspreeklike groot genade en seën van God, ons Vader, toe.

‘n Dinamiese vriendelike span en wonderlike kliënte binne ‘n warm ondersteunende gemeenskap vorm ook deel van die wenresep.

Vir hierdie volgehoue en steeds groeiende ondersteuning sê hulle bestuur en personeel baie dankie.

“U is die kernbestanddeel vir die voortbestaan van ons “eenstop” gerieflike gemeenskapsvleismark.” sê Johan

In November 2010 is Bronberrick Vleismark as die Gauteng wenners van die landswye “Porcalicious” varkvleis promosie aangewys.

Hierdie prestasie spreek van die verbeeldingrykheid, toewyding, kundigheid, uitstekende gehalte produkte, flinke diens en realistiese pryse wat deurgaans nagestreef word.

Die breër gemeenskap word uitgenooi om‘n “anderse” vleismark met tradisionele waardes en ‘n moderne aanslag te ervaar.

By Bronberrick Vleismark is wors nog WORS en die maalvleis SUIWER.

Tuisgemaak beteken nog TUISGEMAAK met pasteie, slaaie, piesang- en dadelbrode, fudge, gemmerbier en gaar kosse wat daagliks voorberei word.

Vir afronding van die eenstop mark is vars blomme ook beskikbaar.

Vir verdere inligting of om bestellings te plaas besoek hulle winkel by h/v Galway en Kilkenny Straat, Bronberrick, Centurion of skakel hulle by telefoonnommer 012 654 5079.

Die Vars, Vriendelike Vleismark … dis nou maar VWORS!

Leave your response!

Add your comment below, or trackback from your own site. You can also subscribe to these comments via RSS.

Be nice. Keep it clean. Stay on topic. No spam.

You can use these tags:
<a href="" title=""> <abbr title=""> <acronym title=""> <b> <blockquote cite=""> <cite> <code> <del datetime=""> <em> <i> <q cite=""> <s> <strike> <strong>

This is a Gravatar-enabled weblog. To get your own globally-recognized-avatar, please register at Gravatar.