Hennopspark is sinoniem met industrie
Met die opening van die Centurion Mall in 1984 het uiteraard die area ook ‘n industriële gebied in Hennopspark begin ontwikkel.
Die Coachmen’s sentrum vir klein fabrieke in Jakarandastraat is een van die eerste sentrums wat ontstaan het. Later is meer sentrums soos die Galwaysentrum, The Gables, Simarlo Sentrum en later ook Lenchen Park gebou om voorsiening te maak vir die steeds groeiende mark.
Mini-fabrieke se sentrums huisves die kleiner produserende besighede wat wissel van die vervaardigers en verspreiders van toiletpapier tot biltongfabrieke, lekkergoedwinkels, tuindienste, verfplekke, hardeware winkels, drukkers tot motor herstel, diens en verfwerk.
Hennopspark spog deesdae met die unieke omstandighede van ‘n werklike eenstop besigheid en verblyfplek sonder om van die landelike atmosfeer afstand te doen.
Verskeie firmas het nou ook hul hoofkantore hier gevestig en groter maatskappye en motorhandelaars het al hul intrek hier geneem.
Die industriële gebied is nog besig om verder uit te brei en word besigheidsparke tot teenaan Midrand aangebou.
Leave your response!