Nuwe Rekord met twee lede in SANYO
Hoërskool Zwartkop het hierdie jaar ‘n nuwe mylpaal bereik toe twee van hulle leerders tot die Suid Afrikaanse Nasionale Jeugorkes (SANYO) verkies is
Adriaan en Elianna de Clercq (broer en suster), speel onderskeidelik viola en viool.
Adriaan, ‘n matriekleerliing, het op vyfjarige ouderdom reeds die instrument begin speel. Sy afrigter is Elmarie van der Vyver.
Elianna het op vierjarige ouderdom begin speel. Haar afrigter is Larissa Babenko.
Albei het die SANYO-oudisies saam met honderde ander talentvolle jong musikante afgelê en suksesvol geslaag.
SANYO doen al vir die afgelope 50 jaar besonderse werk onder jong musikante en bring hulle ook internasionale musikante na Suid Afrika vir opleidingsessies.
So kry jong musikante onder die ouderdom van 25 jaar ‘n kans om in ‘n orkes te speel, ‘n omgewing word geskep waar hulle met ander musikante kan skouers skuur, mekaar inspireer en ‘n liefde vir klassieke musiek word aangevuur.
Alhoewel Adriaan besluit het om ʼn wiskundige te word, is hy passievol oor musiek en ontmoet só baie interessante mense en besoek ook nuwe plekke.
Elianna besluit nog of sy na matriek ‘n professionele musikant wil word!
Leave your response!