Zwarries se Netbalspanne maak amok
Hoërskool Zwartkop se netbalspanne het tydens die Gauteng Netbalkampioenskappe die borde verhang.
Die 0/14A-span wat vanjaar as Jubilee liga-wenners uit die stryd getree het, het tydens die Gauteng kampioenskappe in Boksburg die 0/14-kampioenskappe gewen.
Die span wen die die 0/14’s van Hoërskool Kemptonpark in die finaal met ʼn telling van 18-10.
Die 0/16A-span dring deur na die Gauteng kampioenskappe as naaswenners van die Jubilee liga en word ook as Gauteng kampioene gekroon nadat hulle Hoërskool Waterkloof in die finaal uitstof met ʼn telling van 20-10.
Albei spanne was onoorwonne in al die wedstryde waarin hulle gespeel het.
Die aankondiger by die Gauteng kampioenskappe het met aanvang van die 0/16-oorhandiging die volgende gesê: “It’s a pleasure to see a change in leadership at Gauteng Netball.”
Hierdie netbaldogters het die skool se naam die naweek voorwaar hoog gehou.
Leave your response!