ATKV loof produksiespan en akteurs
1 August 2016
No Comment
Die vyf-en-veertigste en laaste verhoogproduksie van “Sneeuwitjie” het op 12 Junie 2016 in Kemptonpark plaasgevind.
Sakkie Kotze van die ATKV het aan die einde die vervaardigers, die produksiespan en al die akteurs gelukgewens met ‘n puik Afrikaanse produksie – vol humor en in hedendaagse idioom.
Hy het blommeruikers aan Angela Kilian as “Koningin Narsissa” en Nadine as “Sneeuwitjie”, asook ‘n eetgoed-geskenk aan Reynard Slabbert as “Prins Adriaan van Adelaarskloof” oorhandig.
Nadine is jarelange lid van die ATKV Centurion Musiekforum en sy het ook in die buiteland opgetree en bekendheid in Nederland, Belgiƫ en Vlaandere verwerf.
Leave your response!