Verjaarsdagkonsert vir Dr Mimi Coertse
1 August 2016
No Comment
Dr Mimi Coertse het haar 84e verjaarsdag op 12 Junie 2016 gevier.
Die ATKV Centurionsangers en die Cantare Kinderkoor het haar met‘n verjaarsdagkonsert in haar huis gaan verras.
Die Cantare Kinderkoor het van haar bekendste Afrikaanse kunsliedere gesing.
Die ATKV Centurionsanger, die tenoor Coert Grobbelaar, het die Afrikaanse lied “Heimwee” gesing.
Rudolf Geldenhuis was die begeleier op haar wit vleuelklavier.
John Roos, voormalige direkteur van Musiek by Unisa het ook die geleentheid bygewoon.
Sakkie Kotze (ATKV Centurion voorsitter) het opgemerk dat baie van ons sangers lewenslesse by haar oor stemkwaliteit en stembeheer, openbare optrede, professionaliteit en ambassadeurwees vir Afrikaans kan leer.
Leave your response!