Nuwe Afrikaans-Vriendelik-projek vir die sakewêreld
Die Afrikaans-Vriendelik- projek is onlangs deur Afriforum bekendgestel.
Die doel van die projek is om Afrikaans in die sakewêreld te bevorder deur erkenning en gratis bemarking aan Afrikaanse ondernemings en diensverskaffers te gee.
Die projek behels die voortdurende uitbou van ʼn databasis van ondernemings wat in Afrikaans diens lewer.
Deur ʼn webwerf kan enige lid van die publiek toegang tot die databasis verkry wanneer hulle na Afrikaanse dienste of produkte soek, of ondernemings wat Afrikaans bevorder, vir insluiting wil nomineer.
Die webwerf gradeer die besighede op grond van al die wyses waarop hulle Afrikaans gebruik en uitbou.
Waldimar Pelser, Dawie Roodt en Henk Schalekamp het as sprekers by die geleentheid optree en verskeie aspekte van die gebruik van Afrikaans in die sakewêreld belig.
Afrikaans-Vriendelik is nie net vir 100% Afrikaanse ondernemings nie, maar vir almal wat hulle dienste of produkte in Afrikaans aanbied.
Leave your response!