Articles in the Schools Category
Schools »

Laerskool Swartkop was sterk by die Gauteng Interskole Redenaars gehou te Laerskool Jan Cilliers, Randburg verteenwoodig.
Die leerders het puik in al die grade presteer en met A tot A++ simbole geëindig.
Micarney Janse van Vuuren het in die Graad 6 en 7 afdeling ‘n algehele vyfde plek behaal en Alicia Middelton in Graad 3 ook onder die top 5 met haar derde plek geëindig.
Schools »
Schools »

Hoërskool Zwartkop het hierdie jaar ‘n nuwe mylpaal bereik toe twee van hulle leerders tot die Suid Afrikaanse Nasionale Jeugorkes (SANYO) verkies is
Adriaan en Elianna de Clercq (broer en suster), speel onderskeidelik viola en viool.
Adriaan, ‘n matriekleerliing, het op vyfjarige ouderdom reeds die instrument begin speel. Sy afrigter is Elmarie van der Vyver.
Elianna het op vierjarige ouderdom begin speel. Haar afrigter is Larissa Babenko.
Albei het die SANYO-oudisies saam met honderde ander talentvolle jong musikante afgelê en suksesvol geslaag.
SANYO doen al vir die afgelope 50 jaar besonderse werk onder jong …
Schools »

Met onlangse Gauteng-Noord ATKV Redenaarskompetisie se semi-finaal, het Emma van der Walt (Graad 9) die junior onvoorbereide redenaarskompetisie gewen met Almé Hugo (Graad 8) in die tweede plek en dring hulle na die landswye finaal deur.
Die nuwe Artisticulta kompetisie het ook ‘n hele paar Zwarrie-wenners in die Gauteng Streekkompetisie opgelewer.
Die wenners word per graad aangewys en wat die voorbereide kompetisie betref, het Marica Oberholzer die Graad 9-kompetisie en Abigail Wagner het die Graad 11-kompetisie gewen.
In die onvoorbereide kompetisie het Almé Hugo (Graad.8), Caelynne Doyle (Graad 9) en Lara Krahtz (Graad12) …
Schools »

Hoërskool Zwartkop se netbalspanne het tydens die Gauteng Netbalkampioenskappe die borde verhang.
Die 0/14A-span wat vanjaar as Jubilee liga-wenners uit die stryd getree het, het tydens die Gauteng kampioenskappe in Boksburg die 0/14-kampioenskappe gewen.
Die span wen die die 0/14’s van Hoërskool Kemptonpark in die finaal met ʼn telling van 18-10.
Die 0/16A-span dring deur na die Gauteng kampioenskappe as naaswenners van die Jubilee liga en word ook as Gauteng kampioene gekroon nadat hulle Hoërskool Waterkloof in die finaal uitstof met ʼn telling van 20-10.
Albei spanne was onoorwonne in al die wedstryde waarin …
Schools »

The Deutsche Schule Pretoria (DSP) is very proud to have won first prize in a competition called ‘Learners build Bridges”. This worldwide competition was aimed at all 141 German schools abroad.
The entry of the Deutsche Schule Pretoria was based on its Robotics programme which has been running for the last three years at the school.
This includes children from Kindergarten-age playing with oversized lego blocks, a structured programme for grades 3 – 6 right up to senior students being able to programme their robots.
Many of the DSP learners have participated successfully …
Schools »

Dr Jan Visagie, Hoof van Hoërskool Uitsig het aan die einde van Junie 2016 na ses jaar in die posisie afgetree.
Dr Visagie het sy doktorsgraad in Afrikaans behaal en is in 2006 as Adjunkhoof van die skool aangestel en in 2011 na die posisie van hoof bevorder.
‘n Stylvolle aftredefunksie vir hierdie waardige skoolhoof is by Hoërskool Uitsig gehou en die funksie is deur verskeie hoofde van die omliggende skole sowel as verteenwoordigers van die Departement van Onderwys, beheerliggaam en personeel bygewoon.
Die personeel beskryf Dr Visagie as ‘n hoof met …
Schools »

Hoërskool Eldoraigne het sy eerste Eisteddfod dramafees gehou en dit was ‘n opwindende week met 150 leerlinge wat ingeskryf het.
Die kategorieë waarin individue en groepe deelgeneem is was poësie, gedramatiseerde poësie monoloog, prosa, mimiek, improvisasie en kort toneel.
Die aantal inskrywings het alle verwagtinge oortref en na baie oudisies en die finale aand is die wenners in die onderskeie kategorieë aangekondig.
Die Algehele Junior Wenner is Luan Swart, Algehele Senior Wenner is Liza du Plessis.
Ianthe Sipsma is as die veelsydigste leerder aangewys.
Schools »
Schools »

Hoërskool Eldoraigne se leerling Luco Meyer (Gr.11) het gedurende 30 April 2016 tot 2 Mei 2016 aan die SA Presidente Stoeikampioenskappe deelgeneem en ‘n eerste plek behaal. Daarmee verdien hy sy SA Kleure.
In hierdie kan hulle slegs in slegs in hul gewig maar tussen die ouderdomme van 13 en 20 jaar stoei. Luco het in die gewigsgroep o/63 kg meegeding.