Fanie Smit deur ATKV vereer vir jarelange bevordering van die Uitvoerende Kunste
Fanie Smit bied die afgelope 40 jaar elke Sondag die program “Loof die Here” na die agtuurnuus op RSG aan.
Die ATKV het hom onglangs tydens ‘n feeskonsert by Unisa, voor ‘n waarderende gehoor vereer.
Fanie Smit is vereer vir sy jarelange verruiming van Afrikaanssprekendes se kennis en waardering van gewyde koorsang van internasionale gehalte d.m.v. die radioprogram “Loof die Here”.
Op hierdie wyse ondersteun hy die ATKV-visie wat ‘n suksesvolle Suid-Afrika uitbou d.m.v. onder andere die Uitvoerene Kunste.
Verskeie kore, sangers en musikante soos die Magaliesberg Kinderkoor, Pretoria Mannekoor, soprane Hannetjie van Zuydam en Corli Venter, Dewald von Solms, Daniёl Verster, Wim Viljoen en Zanta Hofmeyr het aan die program deelgeneem.
Die gehoor het ook geesdriftig saam gesing tydens die uitvoering van “Besing die lof van Jesus saam” en “Jerusalem”.
Die Centuriontak van die ATKV het weer soos met vorige “Loof die Here”- konserte vir Fanie Smit, wat deesdae in die Kaap woon met logistieke reёlings, reklame, gedrukte programontwerp en programdruk ondersteun.
Leave your response!